Monday, July 28, 2008

Jaartelling Zuid Afrikaanse Versie let op dikgedrukte...)

Gregoriaanse kalender
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
Die Gregoriaanse kalender is tans dwarsdeur die westerse wêreld in gebruik, en is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is eerste voorgestel deur die Napolese dokter Aloysius Lilius, en is uitgevaardig deur die vernoemde Pous Gregorius XIII op 24 Februarie 1582 (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het).

Die Gregoriaanse kalender was ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe té lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-eweninge geleidelik vroeër in die kalenderjaar verskuif het.

Inhoud [versteek]
1 Akkuraatheid
2 Numeriese feite
3 Sien ook
4 Eksterne skakels



Akkuraatheid [wysig]
Die Gregoriaanse kalender verbeter die Juliaanse benadering deur 3 Juliaanse skrikkeldae elke 400 jaar oor te slaan, wat 'n gemiddelde jaar met 365,2425 sonnedae gee.

Dit sal 'n fout lewer van 1 dag elke 3000 jaar, wat 'n aansienlike verbetering op die Juliaanse fout van 1 dag elke 138 jaar is. Oor hierdie lang tydskale is dit ook te verwagte dat wisselings in die Aarde se wentelbaan en onvoorspelbare rotasie dit onwaarskynlik maak dat enige langtermyn akkuraatheid deur 'n skrikkeldag-reël ingewin sou word.


Numeriese feite [wysig]
Die gemiddelde jaar is 365,2425 dae = 52,1775 weke = 8 765,82 uur = 525 949,2 minute = 31 556 952 sekondes.

'n Gewone jaar is 365 dae = 8 760 uur = 525 600 minute = 31 536 000 sekondes.

'n Skrikkeljaar is 366 dae = 8 784 uur = 527 040 minute = 31 622 400 sekondes.

Party jare mag ook 'n skrikkelsekonde bevat.

Die 400-jaar siklus van die Gregoriaanse kalender het 146.097 dae en dus presies 20.871 weke. So byvoorbeeld was die dae van die week in 1603 presies dieselfde as in 2003.

Dit veroorsaak ook meer maande om op 'n Sondag te begin (en dus 'n Vrydag die dertiende te hê) as enige ander dag van die week. 688 uit elke 4 800 maande (of 172 uit 1.200) begin op 'n Sondag, terwyl net 684 uit elke 4 800 maande (171 uit 1 200) begin op een van 'n Saterdag of Maandag, die mins-algemene gevalle.

'n Kleiner siklus is 28 jaar (1 461 weke), indien geen oorgeslane skrikkeljare daarin bevat is nie. Dae van die week in jare mag ook herhaal ná 6, 11, 12, 28 of 40 jaar. Intervalle van 6 en 11 is slegs moontlik met gewone jare, terwyl intervalle van 28 en 40 slegs moontlik is met skrikkeljare. 'n Interval van 12 jaar kan gebeur met beide tipes, maar slegs indien daar 'n oorgeslane skrikkeljaar tussen-in is.

Die Doomsday algoritme is 'n metode waarmee jy kan bepaal watter van die 14 kalendervariasies gebruik behoort te word in enige gegewe jaar ná die Gregoriaanse reformasie. Dit is gebaseer op die laaste dag in Februarie, ook bekend as die Doomsday.